‘n Lewe in kleur; my gunsteling: Pers
Nov
10

Ek het my kosbare kinders dag na dag vir onderskeidelik 4 en 2 jaar na jou toe gevat om te versorg.

Soms het hulle gewillig gegaan, meeste van die tyd moes ek Seuntjiekind dreig!

Ek het hulle elke dag in jou hande gelaat met die vertroue dat hulle die liefde sal kry wat jy belowe het. 

Jy het gelieg.  Jou tweegat jakkals!!!  Ek het my instink nie vertrou, het my ore uitgeleen vir ander se slimgatgeit.

Ek sal jou vir altyd haat.  Lelike keuse van woorde?  Tuffies vir jou!!  Jy het my kinders emosioneel afgebreek. 

Hoekom?  Hoe kon jy so vals wees.  My hart is vlenters.  Ek huil vir my kinders en  kan nie glo dat jy na ‘n onskuldige kind kan kyk en nogtans jou rug op hulle draai en jouself dood maak vir hul behoeftes!!

Ek weet nie hoe ek jou gaan hanteer as ek jou ooit weer sien nie.  Daar sal iewers selfbeheersing moet vandaan kom.  Ek forseer myself om jou nie te gaan opsoek en te lyf te gaan nie. 

Hoekom?  Antwoord net dit vir my.  Dalk kan my siel dan rus!



14 Responses to “Ek dink nie, vandag sê ek net!!”
  1. 1
    Vlam Says:
    10:34 am

    Ag nee. Ogies, ek is jammer om dit te hoor. Wat het gebeur?

    Moenie jouself verkwalik nie. Kyk nou net vorentoe!

    Vlam’s last blog post..Moenie lag nie

  2. 2
    Ogies Says:
    12:50 pm

    Vlam, ek gooi vir jou ene in die pos.

  3. 3
    Zee Says:
    1:15 pm

    ((((Ogies))))

    Ek is nou so besluit jy het jou kinders kleuterskool toe gevat.. Hoe pas hulle daar aan?

    Gooi maar daardie mail innie pos vir my ook hoor!

    Zee’s last blog post..Now u see me, now u don’t!

  4. 4
    Ogies Says:
    2:31 pm

    Zee, ek’t hom gestuur. Franco pas baie goed aan, hy is dolgelukkig en kan nie wag dat ek die nag kan omgaan sodat hy kan gaan nie.
    Mia was die eerste dag heel opgewonde, maar gister en vandag het sy bitterlik gehuil. Ons sal nou maar hierdie wa deur die drif moet kry, daar is nie nou omdraai kans nie.

  5. 5
    Vlam Says:
    2:42 pm

    Ogies, ek is nou meer oortuig as voorheen dat jy nooit my mails kry nie! Ek het geantwoord op joune…gekry?

    Vlam’s last blog post..Moenie lag nie

  6. 6
    Ogies Says:
    2:44 pm

    Niks gekry nie!!!!

  7. 7
    Vlam Says:
    2:53 pm

    Demmit! Ek probeer weer.

    Vlam’s last blog post..Moenie lag nie

  8. 8
    Vlam Says:
    3:02 pm

    Weer gestuur! :wink:
    Vlam’s last blog post..Moenie lag nie

  9. 9
    Girl van die Suburbs Says:
    9:20 am

    Jinne Ogies!

    Dis vreeslik dat mense wat nie weet wat hulle doen nie ons kinders moet opvoed en beskerm. Dit neem regtig ‘n baie besonderse mens om met kinders… selfs tieners te werk…

    Ek dink jy kan nou berus in die feit dat jy die regte besluit geneem het om hulle daar uit te haal.

    Girl van die Suburbs’s last blog post..Briljant mooi!

  10. 10
    Pikkie Says:
    1:04 pm

    Dis terrible…. mail my seblief

  11. 11
    Ogies Says:
    10:09 am

    Pikkie, het die mail gestuur. Laat weet asb of ek die regte addres het, en of jy hom gekry het.

  12. 12
    Ogies Says:
    10:10 am

    Zee, baie dankie vir jou oproep. Ek waardeer dit meer as wat jy kan dink. Voel baie alleen met die hele ding. Het maar min ondersteuning, behalwe Cois s’n. Het jy my e-pos gekry?

  13. 13
    Xena Says:
    5:05 pm

    Dit is sulke tipe goed wat my kinderlik ongelukkig en grootmens die bliksem in kan maak.

    Mens verraai nooit ‘n kind se vertroue nie.

    Xena’s last blog post..Nuusbrokkies

  14. 14
    Sonja Says:
    2:34 pm

    Dit het met my ook gebeur,en nie een keer nie,maar twee keer.Dit was die finale omkeerpunt vir my,as ek nog gewonder het, om te tuisskool,want skole is vol boelies en grootmense wat nie lekker is nie en nog self moet grootword.

    Sonja’s last blog post..Ek het deur my tuin gestap….

RSS feed for comments on this post.

Leave a comment

*
To prove you're a person (not a spam script), type the security word shown in the picture. Click on the picture to hear an audio file of the word.
Click to hear an audio file of the anti-spam word